My stryd met digitale goeters

My stryd met digitale goeters
My stryd met digitale goeters wat nie altyd beter is as die goed wat fisies met die hand gedoen is nie. Ai tog. Dis nie dat ek nie hou van elektroniese dinge nie maar sekere dinge irriteer my grensloos. Soos battery wat pap is net soos ek die ding wil gebruik byvoorbeeld die kombuis skaal
Die kombuis skaal
Ek koop die mooiste elektroniese kombuis skaal wat 2 kilogram kan meet. So ingenome met myself. Hy werk met 1 groot plat battery. Aanvanklik werk alles klopdisselboom. Na 3 maande haal ek my nuwe skaal uit om ‘n paar baksels koekies te bak. Die oond is reeds aan en net daar wys die skaal error- low battery. Wat maak ek nou? Toe onthou ek van my weigh-less skaal – wat net tot by 500 gram kan weeg. Dit werk 100 persent. Knap gedaan outydse skaal.
Die mikrogolf krisis
Vir baie jare het ek reggekom met ‘n eenvoudige mikrogolf wat met knoppe gedraai word totdat ek ingegee het en ‘n digitale mikrogolf aangeskaf het. Vir die eerste jaar het alles goed gewerk. Net na die waarborg verby is, besluit die digitale oond se brein om op te pak. Dan werk hy en dan nie of hy werk nes hy wil. Dit sal my by R1000 kos om te herstel. Dis sy sensors en dit is duur. Dalk sal ‘n pot op die stoof vir my minder stres gee…
Notaboeke, pen en papier
Ja ek weet die selfoon en laptop is handig om aantekeninge op te maak maar te veel kere het die goed my al in die steek gelaat – of Eskom se loadshedding. Dis waar die notaboek, pen en papier goed te pas kom. Dit kan jou nie in die steek laat nie. Terwyl ek my selfoon en skootrekenaar geniet, het ek altyd papier en pen byderhand.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
 - Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
 - Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
 - In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
 - Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
 - Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
 - We also publish original articles, stories and opinions in English
 
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment