Werke wat iemand moet doen

Daar is werke wat iemand moet doen en dis nie altyd aangenaam nie. Ek hou byvoorbeeld nie daarvan om ’n kassier te wees of verkope te doen nie. Gelukkig is daar baie ander wat daarvan hou. Eintlik is my afkeure niks om oor te skryf nie. Dink net aan die volgende mense en hulle vreemde werke.

Werkers by riool suiwering aanlegte

Ja, deesdae is baie dinge gerekenariseer wat dit ietwat meer draaglik maak. Dis egter ’n ander ding as die pype verstop – dis dan wanneer iemand persoonlik die pype moet oopmaak – daar binne. Blykbaar staan mense nou nie tou om aansoek te doen vir die vakature nie.

Professionele slaper

werke wat iemand moet doen

So ’n slaper boek in by ’n hotel en slaap elke aand in ’n ander kamer en bed. Hy of sy moet dan ’n verslag skryf oor die bed en gradeer die ervaring. Die doel van die slaper is sodat die hotelle kan weet watter beddens voorkeur kry by kliënte.

Panda fluffer

Pandas is nie altyd fluks met die hofmakery nie en soms het hulle hulp nodig. Dis waar die panda fluffer inkom. Die fluffer kielie die pandas met verestoffers op strategiese plekke sodat hulle kan opgewonde raak oor babas. Lekker lag ek nou.

Professionele Wener

Dis baie gewild in die Afrika-lande asook in Sjina om ’n professionele Wener te huur om by begrafnisse te huil. Hoe harder jy huil hoe meer geld verdien jy. Dis nou vir jou ’n ding!

Betalende bankrower

Jy het reg gelees. Banke huur mense om hulle banke te beroof sodat hulle kan seker maak dat die sekuriteitsmaatreëls voldoende is. Die bankrower mag wel nie die geroofde geld hou nie. Ek sou so dink ja!

Professionele ekskuus mens

Dis nou iemand wat betaal word om jammer te sê  vir individue asook vir maatskappye. So ’n persoon bel of skryf aan mense om jammer te sê.

Volstruis babawagter

Dit klink na ’n heel aangename werk. Al wat jy heeldag moet doen, is om na baba volstruise om te sien en te sorg dat hulle nie mekaar stukkend pik nie.

Fiets visvanger

Dit is veral gewild in Amsterdam. Mense verloor of gooi gereeld hulle fietse in die kanale en dan moet die fiets visvanger die fietse uit die kanaal haal.

2 Comments

  1. Gayla Logie

    26 April 2024 at 11:11 am

    Lekkar lag ek vir die werke pop.

    1. Amandaskrywer

      30 April 2024 at 8:44 pm

      Ek het net so lekker gelag. Haha

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.