Wanneer om stil te bly

0
(0)

Wanneer om stil te bly en wanneer om jou opinie te gee kan kompleks wees. Dit hang van sekere omstandighede af. Die reaksie op jou meedelings kan jy nie beheer nie. Jy kan egter beheer of jy iets gaan sê of op die kantlyn sit.

Ek moet bieg

Ek was al aan albei kante van die lyn en daar is geen manier om vooraf te weet wat ander se reaksie gaan wees nie. Daar is geen reg of verkeerd nie behalwe vir jou eie standaarde en selfs dan kan mense van jou verskil.

‘n Vriendin se man het by die werk ogies gemaak vir ‘n ander vrou.

Ek het saam met die man gewerk en eerstehands die verneukery gesien. Hy en sy skelmpie het dit nie eers probeer wegsteek nie. Ons ander kollegas het openlik daaroor gepraat. Dis toe dat ek besluit het om my vriendin te vertel uit lojaliteit teenoor haar en ons vriendskap. Dit was ‘n reuse fout en die einde van ons vriendskap. Sy het haar man geglo en die kollegas wat so openlik oor die verneukery geskinder het, het voorgegee dat hulle nie kennis dra van so iets nie. Ek is daarvan beskuldig dat ek ‘n huwelik wil opbreek en vals stories versprei.

Daar was ook die ander keer wat ek stil gebly het

Ek was in die koshuis en daar was ‘n meisie met ‘n gesplete lip wat snaaks gepraat het. Die kinders het haar elke aand aangehits om die kennisgewings te lees en dan het almal gelag. Alhoewel ek nie deelgeneem het aan die aanhitsing of gelag nie, was ek deel van die groep. Ek het niks gesê nie, en het ook nie die ander se gedrag gerapporteer nie. Iemand anders het dit wel gerapporteer en ek is ook uitgewys as een van die spotters. My Ma was woedend en teleurgesteld. “Jy moet praat as iemand geboelie word”.

My opinie

  • Ek het besluit om nooit weer vir enige vrou te sê as ek weet haar man verneuk haar nie.
  • Wanneer ek bewyse het van ‘n misdaad wat gepleeg is sal ek dit rapporteer, maar nie as dit net bespiegelinge is nie.
  • Soms vra mense in groepsverband jou opinie en jy kan of jou opinie gee of stil bly. Meeste van die tyd sal ek stil bly want mense kan maklik jou opinie teen jou gebruik in ‘n groep.

Kuier verder

  • Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
  • We also publish original articles, stories and opinions in English
  • Kosreise met resepte en kos stories
  • Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading

Amanda Skrywer is now on Facebook and Goodreads