Waarvandaan kom ek?

waarvandaan kom ek

Waarvandaan kom ek? Nee, nie my geboortedorp nie. Eerder my herkoms. Voorvaders, Lande en DNA gee insig oor herkoms.

Ek is gebore in Port Shepstone, KwaZulu Natal

Ons het na Oudtshoorn verhuis in my Standerd 4 jaar waar ek die res van my kinderjare groot geword het. Dit is die verkorte weergawe en dit was vir baie lank al wat vir my saak gemaak het. ‘n Klompie jare gelede het ek begin wonder oor my voorsate. Ek het net ‘n lewende Ouma aan my Ma se kant gehad en alhoewel daar Tannies en Ooms was aan beide my Ma en Pa se kant is dit waar voorsate gestop het. Ek het begin vrae vra.

Waarvandaan kom ek?

My Ma was ‘n groot bron van inligting. Sy het geweet wie haar Ma se ouers was en wat hulle gedoen het alhoewel hulle albei dood is voor my Ma se geboorte. Deur my Ma kon ek ietwat terug gaan op die spore. Hulle was van die Oos Kaap afkomstig – opgeleide professionele werkers. In teenstelling met my Pa se familie wat van George en Oudtshoorn afkomstig was – gewone hand arbeiders, hardwerkend. Verder as die Oupas en Oumas kon my Ma egter ook nie inkleur nie. En net toe ek dink dit is die einde van my navorsing maak herkoms toetse hulle opwagting

Die opwinding was groot

Ek het talle van die DNA video’s gekyk en was gefassineerd met die uitslae. Dit gee ‘n oorsig oor elke deel van jou herkoms. Opgewonde wou ek dadelik my DNA laat toets. Dit was egter nog nie beskikbaar in Suid Afrika nie – en ontsettend duur. Alhoewel dit nou wel beskikbaar is in Suid Afrika is dit plaaslik ingestel en is ek nie seker hoe integreer dit werklik is met internasionale herkoms toetse nie. Indien enige van julle al sulke toetse laat doen het, deel die ervaring met ons asseblief.

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

4 Comments

  1. Una

    13 Julie 2022 at 7:43 nm

    Ek sal SO graag ook meer inligting oor my herkoms wil hê, Amanda.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      17 Julie 2022 at 4:09 nm

      Ek ook. Dink dit kan baie insiggewend wees. Tans is dit net nogals duur dink ek.

  2. scrapydo2.wordpress.com

    12 Julie 2022 at 8:34 vm

    ‘n Vriendin van my het die internasionale DNA toets gedoen en baie daaruit wys geword. Sy het ook familie die wêreld val raak geloop. Ook baie van haar familie hier in NZ opgespoor. Sy het baie navorsing gedoen en regtig besonder baie uitgevind.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      17 Julie 2022 at 4:12 nm

      Dankie vir die info. Dit is duur en ek wil nie onnodig geld mors nie. Dalk moet ek net oe toemaak en dit laat doen

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: