Vroue se rol in oorlog

Rubriek

deur Amanda Spies du Plessis

Omtrent Rubrieke

Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.

Tipes Rubrieke

Vroue se rol in oorlog kan nie onderskat word nie.

Vrouens is net te prominent in die geskiedenis boeke opgeteken en standbeelde ter ere van vrouens staan fier en ferm. Die stille krag van die vrou.

Tydens die Anglo-Boereoorlog 1 en 2 was dit vrouens wat die wa deur die drif getrek het – letterlik en figuurlik. Kan ons ooit vergeet hoe vrouens met ’n kind aan die bors en ’n ander op die heup die ossewaens oor berge en dale getrek het? Terwyl die mans aan die voorste linies geveg het, was dit die vrouens wat die plase beskerm en bewerk het en ook hulle talle kinders versorg het.

By die Voortrekkermonument is die pragtige beeld van die Ma met haar kinders. Prominent. Sag en vroulik met ’n wil van staal en die krag van ’n leeu.

Tydens die wrede WW2 en die Holocaust het vrouens hulle kinders tot die dood toe beskerm en vele Ma’s is doodgemaak terwyl hulle die kinders soos ’n moeder hen onder die klere probeer versteek het.  Daar is vele verhale van Moeders wat die wagte te lyf gegaan het wat hulle kinders seergemaak het. Tydens die Grensoorlog het die vrouens gesorg dat daar kos op die tafel is, die kinders versorg asook die huis en tuin. Die dag wat die dienspligtige terug huis toe gekeer het op die trein, was sy op die stasie om hom terug te verwelkom.

Oorlog wys elke keer hoe taai vrouens is

Soos nou weer in die oorlog in die Oekraïne. ’n Groep Russiese soldate wat tienermeisies in Oekraïne ontvoer het, het sleg tweede gekom toe ’n groep van die Ma’s vreesloos die aanhoudingsplek bestorm het en hulle dogters gaan bevry het. Vrouens ry vreesloos die voorste linies binne en neem noodsaaklikhede vir die manne. Jong dames beman operasionele punte in die hart van die oorlog terwyl ander die gewonde soldate versorg en voedsame etes voorsien. Na die gestremdes en oues van dae omsien en ander speel weer luistervink en gee inligting deur van die vyand.

Ons as vrouens is sterker as wat ons dink.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.