Vrae wat ek graag wil vra
Vrae wat ek graag wil vra vir ander mense – bekendes en onbekendes. Vrae wat onbeantwoord sal bly. Tog sou ek graag die antwoorde wou hoor indien dit moontlik sou wees.
Vrae vir Kim Kardashian
Hoekom op dees aarde blaas jy jou agterstewe op? Dit lyk nie goed nie. Nie eers amper nie
Elke foto van jou is omtrent dieselfde met al hoe minder klere aan. Is jou geld op of het die winkel nie genoeg materiaal gehad nie? Bedek jouself asseblief.
Vraag vir Adolf Hitler
Jy het ’n helse gemors gemaak in en vir die wêreld. Soveel mense het hulle lewens verloor in die 2de Wêreldoorlog as gevolg van jou waansin. Besef jy dat jou plan om al die Jode in die wêreld te vermoor liederlik misluk het? Die Jode het hulle eie staat Israel en is sterker as ooit.
Vraag vir Prins Harry en Meghan Markle
Julle het albei julle Pa’s weggesmyt. Hoe gaan julle dit eendag aan julle kinders verduidelik dat hulle 2 Oupas het maar hulle nooit ontmoet het nie? Kleinkinders het hulle grootouers nodig. Hou op selfsugtig wees.
Vraag vir die mense wat oumense besteel en mishandel
Hoe kan jy oumense besteel en mishandel en niks voel nie? Daar is ’n spesiale plek vir mense soos jy.
Vraag vir God
Vader U het die mens met U eie hande geskape en die mens tree nie altyd reg op nie. Was U al ooit spyt dat U ons gemaak het? Ons verdien nie U genade nie.
Vraag vir die leeu wat die buffel vang en lewendig eet
Leeu ek weet jy is honger en die buffel lyk lekker. Hoekom maak jy hom nie eers dood voordat jy aan hom begin vreet nie? Sies man dis grusaam.
Vraag vir die plante wat groei sonder mense se hulp
Plante en bome julle groei sonder ophou in woude, tussen klippe en sand, in die pad en ook in skeure tussen mure. Julle dra vrugte en maak mooi kleurvolle blomme en dikwels sien die mens julle nie eers raak nie. Hoe behou julle die positiwiteit en lus vir lewe? Ons mense vertrap julle en julle hou net aan om mooi te maak.
Vrae vir die jongmense
Wat probeer julle bereik deur alewig te wil betoog? Die wêreld skuld jou niks nie
Hoekom is julle so bang om te werk en hoekom so uitsoekerig? Harde werk laat jou goed voel en gee jou ’n gevoel van bevrediging. Probeer dit
Vrae vir President Ramaphosa
Meneer die President hoekom is U so lief daarvoor om die verskillende rasse teen mekaar af te speel en te verdeel? Tesame maak ons ’n sterker Suid-Afrika.
Hoekom kraak U die blanke ras heeltyd af en probeer ons verneder? U sal verbaas wees oor die positiewe dinge wat ons na die tafel kan bring.
Ek het nog baie ander vrae…
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you