Veralgemening maak seer

Met die meetstok waarmee ons ander meet sal onsself gemeet word.

veralgemeening maak seer

Veralgemening maak seer.

Elke keer waneer iets gebeur of dit misdaad is of dislojaliteit of ‘n sekere groep mense is wat uitsprake maak dan is ek altyd verstom oor hoe daar veralgemeen word. Mense gooi dan klippe heen en weer en maak uitsprake wat ander benaadeel en seermaak.

CHINA EN DIE VIRUS

‘n Globale epidemie tref die wêreld en in plaas van empatie hê met die Chinese besluit verskeie mense regoor die wêreld om haat teenoor die Chinese aan te hits. Elke keer as ek die kommentaar lees is daar mense wat persoonlike aanvalle op die totale Chinese gemeenskap loods. Daar is mense wat sê dat die virus China toekom en dat al die Chinese uitgewis moet word. Sies man!

MOSLEMS EN TERRORISME

Mense veralgemeen deur te sê dat alle Moslems terroriste is en versprei haat en paniek.

AFRIKANERS EN RASSISME

Ek as Afrikaner is ookal hierdeur geraak en benadeel. Ja ek is tydens die Apartheid era gebore, maar dit maak my beslis nie ‘n rassis nie.

ENKELOUERS

Dikwels lees ek kommentaar soos: Daardie kind kom seker weer uit ‘n enkelouer huis uit en dat enkouer families disfunksioneel is.

Die anderkant…

MASSA SKIET VOORVALLE

Waneer daar ‘n massa skiet voorval in Amerika is en die skieter ‘n blanke is word daar vinnig gesê dat hy ‘n geestes afwyking het sonder dat daar enige bewyse voor is,maar sodra iemand van ‘n ander ras of nasionaliteit die skietwerk doen is almal van sy nasie terroriste.

PLOFSTOF EN AMMUNISIE

Waneer daar plofstof en ammunisie onwettig opgegaar word en dit rugbaar word dat dit blankes was,is die hele blanke ras verregs en rassisties.

NIEMAND IS VERHEWE BO ‘N ANDER NIE

Ons is almal mense en die een is nie verhewe bo die ander nie. Veralgemeening maak seer waneer dit jou raak.

Die wêreld sal ‘n baie beter plek wees waneer ons so min as moontlik of glad nie ‘n oordeel vel nie, en eerder die individu verantwoordellik hou in plaas daarvan om almal onder dieselfde kam te skeer.

OM TERUG TE KOM

My Ouma het altyd gesê dat waneer jy mense veroordeel, veroordeel jy jouself ook. Die virus in China het soveel lewens al geeis en ons kan eerder bid dat die wetenskaplikes ‘n teenmiddel vind as om die hele Chinese bevolking te verdoem. Is jy werklik perfek in al jou doen en late? Mense wat in huise van glas woon kan nie ‘n oordeel uitspreek nie.

OP ‘N VROLIKER NOOT

Die Diaz fees is weer hierdie naweek en verskeie kulture gaan hierdie naweek saam deelneem aan die fees en hulle verskillende volksdanse ten toon stel. Kom geniet die diversiteit van Suid Afrika!

fireworks

Lees gerus my artikel oor verskillende kulture in Suid Afrika en gooi jou kommentaar in die posbus.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.