Vals tande brille en plooie

0
(0)
Vals tande brille en plooie

Vals tande brille en plooie is ons almal se voorland eendag en dis gouer as wat mens dink. Ek is reeds daar. Oja en moenie die grys hare vergeet nie.

My Ouma het soos ‘n regte Ouma gelyk soos bogenoemde beskrywing. Sy was ook rond en sag en kon lekker koekies bak. Daardie jare het dit na ‘n lang tyd gevoel voordat ek daar sou kom.

Grys hare

Dit loop in my familie. My Ma se kant van die familie raak vroeg grys. My Ma se suster was grys voor haar 30ste verjaarsdag en so ook ek. Verbete het ek my hare gekleur totdat die gedurige kleurdery my hare ongesond gemaak het en ek moedeloos en platsak geraak het. Kort voor my 50ste verjaarsdag het ek handdoek ingegooi en my grys hare omarm. Ek dink nie ek sal ooit weer kleur nie.

Vals tande

Tyd om te bieg. Ek het nie ‘n hele mond vol valstande nie. Eintlik het ek nie veel van ‘n keuse gehad nie. ‘n Paar van my tande het gesneuwel en om die gate in my mond toe te maak moes ek ‘n klompie plastiek tande (soos my Ma sal se) laat maak. ‘n Gebit soos die tandarts my meedeel.

Plooie

Ek het al lankal plooie onder my ken waarmee my kleindogter graag speel. My hande is ook geplooi. Eintlik is ek baie gerimpeld. Gelukkig hou my kleinkinders daarvan.

Brille

Dis nog ‘n ding in my familie. Almal van ons dra brille. Ek kan goed sien sonder ‘n bril op ‘n afstand. Naby is egter die probleem. ‘n Teks boodskap kan ek nie lees sonder my voorgeskrewe bril nie. My bril gaan orals waar ek is. Identiese tweeling.

Bonus

Wag daar is nog iets waarvoor ek kwalifiseer: Pille en skete. Wel, nou nie 30 pille soggens en saans soos my geliefde Ouma nie. Net ‘n Ponado hier en ‘n ACC200 daar.

Welkom by die jonges van hart

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading