Te veel van alles

Te veel van alles
Te veel van alles. Dit som die geslag kinders op wat nou besig is om groot te word. Die leiers en ouers van die toekoms en dit gee my ‘n knop in die keel. Dit is weliswaar so dat elke geslag kinders hulle eie uitdagings moet trotseer met elke geslag ouers wat hulle asem intrek van pure benoudheid.
Tog voel hierdie geslag vir my anders.
Hulle word groot met te veel van alles. Te veel keuses met kos, lekkernye, koeldranke. Onuitputbare bronne van vermaak met stromings kykstof. Hulle hoef vir niks te wag nie. Voorheen moes jy ‘n week wag vir die nuutste episode van jou gunsteling program. Nie meer nie. Die Televisie word gebruik om enige program te stroom – dadelik en soveel programme soos jy wil. Die jongmense is onversadigbaar en dis meer as net vermaak.
Daar is tientalle kontrakte
Kontrakte vir selfone, internet. Noem maar op, daar is kontrakte vir elke ding onder die son en elke twee jaar kry jy ‘n nuwer weergawe van dieselfde ding wat eintlik nog niks makeer nie – en ‘n nuwe kontrak. Te veel skuld. Dis die aanvaarbare norm.
Hoe maak jy kinders in hierdie tyd van te veel groot? Hoe balanseer ‘n ouer dinge sodat jy nie jou kinders vir die verderf groot maak nie? Wat gaan word van hulle kinders eendag? Watter uitdagings gaan ons kleinkinders en agter kleinkinders moet hanteer? Ons voorouers sal seer sekerlik ook asem intrek as hulle sien hoe die heelal en sy mensdom daar uitsien vandag. Is ons verniet bekommerd? Dalk moet ons net bid, glo en vertrou, diep asem haal. Wat anders kan ons tog doen?
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment