Raad vir nuwe Oumas

Raad vir nuwe Oumas
Ouma word het my onverhoeds betrap. Ek was 49 toe my oudtste dogter my meedeel dat sy swanger is. Dit was vir my ‘n groot skok. Sou ek ‘n goeie Ouma kon wees. Sou die kleintjies van my hou? ‘n Maand na my 50ste verjaarsdag het my kleinseun sy opwagting gemaak. Hoe maak mens met seuns? Ek het net 2 dogters gehad. Seuns was vir my ‘n nuwigheid.
Tien jaar na my kleinseun se geboorte
Ek is nou Ouma van 3 kleinkinders – 1 seun en 2 dogters. In die afgelope 10 jaar het ek baie geleer van Ouma wees en ook teruggekyk na my eie Ouma, my Ma as Ouma en bure, riende en ander familielede se wedervaringe as Oumas. Ek deel die ervarings graag met julle. Neem wat jy kan gebruik en laat staan die dinge wat nie vir jou werk nie. Bowenal geniet dit om Ouma te wees en maak die beste van jou tyd saam met hulle.
Raad vir nuwe Ouma’s
- Oumas verskil van mekaar. Ons is nie almal dieselfde nie. Wees jou eie unieke self en doen wat vir jou werk. Moenie jouself vergelyk met ander nie.
- My kleinkinders noem my die speel Ouma, my Ouma het saam met my gehekel en sy het stories vertel van haar lewe terwyl my Ma weer met die kleinkinders gaan stap het.
- Kinders aanvaar hulle Oumas net soos hulle is. Jy is vir hulle reg nes jy is.
- Wees aanpasbaar. Die een dag wil hulle met blokkies speel en die volgende dag wil hulle bord speletjies speel.
- My Ouma het ‘n groot stoep gehad waar ons gespeel het terwyl my Ma verkies het dat die kinders buite speel. Ek het een van my kamers in ‘n speelkamer ingerig.
- Ek het speelgoed van my kinders se speeljare afgestof waarmee die kleinkinders tog te lekker speel.
- Ek bak en brou graag saam met die kleingoed. Hulle hou daarvan om hulle eie pizzas te maak, kolwyntjies te bak en te versier en wors buite te braai.
- Die kleinkinders mag elke skoolvakansie vir 1 aand by my oorslaap en dan maak ons saam kos en kyk ‘n fliek. Elkeen kry sy eie aand.
- Dis vir hulle belangrik dat ek sport wedstryde bywoon en ek probeer om ten minste 1 wedstryd per kind per kwartaal by te woon.
- Nog ‘n ding wat hulle saam met my geniet is die jaarlikse basaar en spookhuis by hulle skool.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
- In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
- Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
- Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
- We also publish original articles, stories and opinions in English
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Tannie Frannie
6 August 2025 at 9:26 amOm ouma te wees, is ‘n ongelooflike groot voorreg.
Amandaskrywer
6 August 2025 at 6:28 pmDis beslis ‘n voorreg en ‘n “blessing” van Bo. Lekkerte sonder al die verantwoordelikhede van ouer wees! Ons kan hulle net geniet.