Onetiese joernalistiek vier hoogty

Hierdie artikel handel oor onetiese joernalistiek

onetiese joernalistiek

Onetiese joernalistiek vier hoogty in 2023 en nêrens is dit meer sigbaar as met die brutale aanval op Israel en die oorlog in Gaza nie.

Op 7 Oktober 2023 het Hamas terroriste Israel binnegeval en meer as 1400 mense waaronder 800 burgerlikes, 32 kinders, bejaardes , Holocaust oorlewendes, gestremdes en 300 Israeli soldate.

Die liggame van die dooies was nog nie eers in die lykhuis toe die wêreld die kant van die terroriste gekies en die strate in hulle duisende binnegevaar het nie. Die Israeliese weermag (IDF) het nog geveg om weer beheer oor die besette gedeeltes in Israel te verkry en die terroriste te verslaan. Video’s en foto’s van die aanval is wyd gepubliseer van mense wat voor die voet afgemaai word by ’n opelug musiek konsert en kibboetse terwyl ander (meer as 200) na Gaza ontvoer is en steeds in aanhouding is.

Sommige van die beeldmateriaal is verkry vanaf die kameras van afgestorwe terroriste en ander van onetiese joernalistieke praktyke blyk dit nou.

Vier foto joernaliste word daarvan verdink dat hulle saam met die Hamas terroriste “gewerk” het. Terwyl hulle nie deelgeneem het aan die teregstellings en ontvoerings nie was hulle daar met kameras en video toe 4 000 Hamas terroriste Israel binnegeval het om 6:30 in die oggend. Een van hulle pryk selfs op ’n foto saam met die leier van Hamas waar die terroris die joernalis op die wang soen. Die joernalis glimlag breed op die foto. Daar is ook ’n video waar ’n jong Israeli meisie agterop ’n bakkie lê halfnaak en met albei bene gebreek. Sy is verkrag en vermoor en deur die strate van Gaza getrek terwyl die omstanders op haar liggaam gespoeg het.

Die vier joernaliste wat uitgewys is, het vir CNN, Die New York Times, Reuters en Associated Press gewerk. Hulle het vryskut gewerk en is na die voorval afgedank. Die 4 media huise ontken dat hulle enigsins van die aanval bewus was.

Dit bring my by die kwessie van onetiese joernalistiek. Ek het ook as ’n joernalis gewerk onder etiese kodes vir klein koerante. Die 4 media huise betrokke is groot. Hulle moet ook mos darem etiese kodes hê dink ek. Selfs wanneer die joernaliste vryskut vir hulle werk. Het niemand vrae gevra oor hierdie video’s en foto’s nie. Iets soos: Wat het jy 6:30 in die oggend by Israel se grens gedoen saam met die terroriste – gewapen met jou joernalistieke toerusting? Het dit nie vir hulle verdag gelyk nie?

Die onetiese joernalistiek het egter nie hier gestop nie

Op 17 Oktober het BBC en die New York times uitgeskree: Volgens die Palestynse regering het Die Israeliese weermag ’n hospitaal in Gaza gebombardeer en 500 tot 800 burgerlikes is dood en duisende beseer. Die hospitaal is in die aanval verwoes.  Sosiale media en die wêreld het Israel verdoem: “Gas the Jews” “Burn the jews” 100 000 mense het Londen se strate binnegevaar. ’n Sinagoge in Amerika is aangeval, Mense het die Capitol in Amerika bestorm en ’n Joodse egpaar is in hulle motor aangeval. Joodse studente by die New York Universiteit moes vlug vir hulle lewens en Pres. Joe Biden se afspraak met die Arabiese lande is summier gekanselleer. Die Suid-Afrikaanse media en Regering het ook nie teruggestaan nie en verskeie haatdraende uitlatings is gemaak

Die haat vir die Jode het aanlyn oorgekook. En tussen al die woedende stemme het een persoon dapper laat hoor:

“Dit was nie die Israeliese weermag nie en die hospitaal is nie vernietig nie”. Hy is ’n militêre kenner met ’n YouTube kanaal wat spesifiek handel oor wapens wat die verskillende lande se weermagte gebruik. Na sy boodskap het ander militêre kenners na vore getree en dieselfde gesê. Die Israeliese weermag het bewyse voorgelê dat die hospitaal steeds staan. Daar is wel ’n krater in die grond voor die hospitaal. Hamas het ’n missiel op Israel afgevuur wat misluk het en toe in die parkeerarea ontplof het. Talle is beseer en die dodetal minder as 20. Amerika, Engeland, Duitsland, Australië, Indië en Frankryk se sekuriteit dienste het bevestig dat die ontploffing nie deur Israel veroorsaak is nie. Die missiel wat ontplof het, is nie deel van Israel se arsenaal nie.

Die Media huise het stil-stil hulle opskrifte verander maar geen verskoning aangebied nie.

Hier in Suid-Afrika en regoor die wêreld het mense besluit om nie die feite te glo nie en aangegaan om Israel en die Jode te haat. Sky news Australië was een van die min media huise wat dit uitgespel het. Dit was die Hamas terroriste wat die onwaarheid die wêreld ingestuur het. Firstpost in Indië het uitgewys hoe die media net eenvoudig die terroriste se propaganda glo sonder om dubbeld seker te maak van die feite.  

Die media speel ’n reuse rol met die manier waarop nuus voorgelê word aan die publiek en die verantwoordelikheid om dit onpartydig te doen en nie gemoedere op te stook en die skares wat bloed soek te voer nie.

Dit gaan steeds voort op Radio, TV, Sosiale media, regerings en Universiteite. Die terroriste hou die wêreld in sy hand. Dis gevaarlik wanneer media nie eties optree en verantwoordelik gehou word nie.

Waar is die leierskap?

Voorheen het ek vertrou op bekende name in die Media. Die onetiese beriggewing dwing my egter om alles wat ek lees en kyk na te vors en te bevestig. Ongelukkig vertrou baie mense op hierdie bekende Media huise om betroubare nuus te lewer en dan word hulle gevoer met vals inligting. Daar is egter ook etiese media huise vir wie dit gaan oor feite en waarheid en wat streng reëls vir hulle joernaliste het.  Firstpost in India staan kop en skouers bo almal uit met Sky news Australia en The Sun UK kort op hulle hakke.  

Ander beriggewing

  • Die Israeliese weermag (IDF) gee elke dag ’n rapport van wat hulle gedoen en nie gedoen het nie. Hulle gee ook die bewyse van operasies.
  • TBN Israel is ’n YouTube kanaal waar soldate op die voorste linie verslag doen oor die oorlog
  • Douglas Murray is ’n skrywer, joernalis en kenner van die Midde-Ooste
  • Corey Gil-Shuster is ’n joernalis wat met Palestina en Israel bewoners gesels oor wat hulle van mekaar dink en voel, die voortdurende konflik en oplossings daarvoor. Fassinerend
  • Legacy Conversations gesels met weermaglede oor hulle loopbane en operasies.
  • Military trends gaan oor wapens wat verskillende lande gebruik
  • Ryan McBeth is ’n militêre ontleder en intelligensie analis.

2 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    13 November 2023 at 8:49 am

    Baie interessant. Dankie dat jy dit so mooi bespreek. Vriende van my het my verlede week gevra wat ek van omstandighede dink. Ek het my mening gegee en eintlik Isreal gesteun. Die vriende gee toe juis hierdie negatiewe of onetiese verslae wat vir my onlogies was. Nie dat ek so diep ingaan nie, tog voel ek ook dat mense so maklik die opgeblaasde inligting kry en dit as waar aanvaar. Jy’t nou my gevoel beslis ondersteun.

    1. Amandaskrywer

      13 November 2023 at 10:21 am

      Ja, ek kon net nie langer stilbly oor wat aan die gang is nie. Soveel mense is verward en vertrou op die hoofstroom media vir die feite en dan word hulle mislei deur die mense wat vertrou word met nuusgebeure.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.