Naguil koerant 5 van 2024

0
(0)
Beste leser

Dis reeds die 5de maand van die nuwe jaar en die dae vlieg verby met skool, kleinkinders, werk, tuin, familie en vriende. Die verkiesing is om die draai en die partye probeer elkeen om ’n indruk te maak.

Welkom by Naguil koerant 5 van 2024. Hierdie maand kuier ons by gevierde digter Lina Spies met haar liefde vir katte. Wie was Hansie en hoekom is sy tande in ’n museum? Hoe word bottels met skepe binne-ingemaak?

’n Afgekapte 200 jaar oue boom het ’n gelukkige einde met Koning Charles en ons drink lekker kinder melkskommels saam met die kinders en kleinkinders.

Geniet hierdie uitgawe. Mooi loop tot volgende keer.

Elke maand kyk ons dieper na ‘n skrywer- bekend of onbekend

Lina Spies – akademikus, skrywer en digter
Gebore 1939
Woon in Stellenbosch

Lina is veral bekend vir haar digkuns en het verskeie digbundels agter haar naam:

  • Digby Vergenoeg (1971)
  • Winterhawe (1973)
  • Dagreis (1976)
  • Oorstaanson (1982)
  • Van sjofar tot sjalom (1987)
  • Hiermaals (1992)
  • Die skaduwee van die son (1998)
  • Duskant die einders (2004)
  • Die skyn van tuiskoms (2010)
  • Tydelose gety (2010)
  • Sulamiet (2016)

Sy het benewens gedigte ook haar hand gewaag aan vertalings, nie-fiksie en samesteller.

musiek kollig

Chris Norman was die hoofsanger van Smokie en is een van die min sangers wat ’n suksesvolle solo loopbaan kon deurvoer. Sy lied For You was die temalied van The Holiday met Cameron Diaz in die hoofrol.

video kollig

’n Kindertuin juffrou het die oulikste idee gehad. Sy het die kleintjies gevra om ’n hoedjie te ontwerp soos hulle dit graag sou wou hê.  Die Juffrou het haar klas kleurvol verras in ’n unieke manier.

  • Terwyl daar sommige mans is wat hou van inkopies doen, is meeste mans maar lugtig om saam met hulle vrou of meisies winkel toe te gaan. Hierdie man het duidelik vir sy geliefde gewys wat hy daarvan dink.
  • Hansie se tande is te sien in die Fransie Pienaar museum te Prins Albert vertel ’n leser van Maroela media. Sy het Hansie se tande met haar eie twee oë daar gesien.
  • Nie almal droom van groot besighede nie. In Massachusetts is daar ’n aantal klein dog passievolle winkels wat die aandag trek.
  • Het jy al ooit gewonder hoe die bottels met skepe ingemaak word. Selfs al het jy nog nooit daaroor gewonder nie sal dit jou steeds boei.
  • In 1932 is ’n ikoniese foto geneem van konstruksie werkers wat hoog bo in die lug hulle middagete nuttig. Kyk gerus die storie agter die storie
  • In die hart van Londen staan ’n kaggel sonder ’n huis. Wat sou die storie daar agter wees?
dieresake

Sekere diere is berug daarvoor dat hulle nie veel ooghare het vir mekaar nie. Elke nou en dan verras die natuur ons egter met onwaarskynlike diere vriendskappe. Dierbaar.

grapjas

Elke troue behoort ’n ring draer te hê soos hierdie kleinding. Te skattig

Tuin praaitjies is n nuwe byvoeging tot die Naguil koerant waar ons gesels oor plante en blomme, mooi tuine van regoor die wêreld.

  • In September 2023 is die wêreldberoemde Sycamore Gap Tree onwettig afgekap. Die boom het vir meer as 200 jaar in Engeland gestaan en het ook in die rolprent Robin Hood ’n verskynsel gemaak. Dit is onlangs bekend gemaak dat botaniste dit reggekry het om saad te kry van die afgekapte boom en die eerste baba boompies is aan Koning Charles gegee wat dit in Windsor Kasteel se tuine gaan plant.
  • Arthur Parkinson is ’n jongman van Brittanje met ’n oog en passie vir ’n mooi blom in potte. Sy aanbieding sal jou sommer aanspoor om dadelik iets in ’n pot te plant.
ou boek kollig

Majesteit die kat deur Lina Spies is ’n koffietafelboek uitgegee in 1998. Die boek gaan oor katte soos die titel aandui. ’n Versameling stories en gedigte oor katte en wat hulle so spesiaal maak. Katte is immers in ’n klas van hulle eie.

nuwe boek kollig

Rolf se restourasie
Uitgewer: Turksvy Publikasies
Rolf is ’n sakeman wat besluit om self sy huis op te knap. Rolf se veeleisende pos by ’n groot bankgroep neem baie van sy tyd in beslag en die opknappingswerk raak agter, wat spanning in hul huwelik veroorsaak. Dit help ook nie dat ’n slinkse kollega loer vir Rolf nie..Heinz Meissner is die skrywer van hierdie spannings verhaal en is een van Skryfnet se sukses verhale.

Kosreise vervang die die vinnige resepte in die Naguil koerant. Kosreise is n nuwe webblad uit die pen van Amanda met resepte, kosstories, treinstories en kosstories van Suid Afrika na verskeie ander lande. Ons maak fynproewer kos in ons eie kombuise en leer nuwe resepte en idees.

  • Kinder melkskommel vir besige kleintjies: Ek het hierdie kinder melkskommel uitgedink met my kleinkinders se voorkeure en liefde vir alles wat sjokolade is. Hulle hou daarvan om te help met die voorbereiding van eetgoed dus het ek klein bakkies met lekkernye vir elkeen gegee sodat hulle self die melkskommels kon bou.
  • Het jy al gesien hoe lyk ’n baba op ’n stoomtrein? Die jaar was 1972.
bybel vers

Op ‘n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” Joh. 8 vers 12

Ek glo nie aan toeval nie wel aan God se ingryping. Die hoof van die mariene korps van die Amerikaanse weermag het tydens ’n vroegoggend drafsessie inmekaargesak. Vreemdelinge het hom te hulp gesnel sonder dat hulle geweet het wie hy was. Sy getuienis getuig van ’n wonderwerk en God se genade.

Daar is baie potensiële skrywers daarbuite wat ’n hupstoot nodig het sodat hulle drome kan vlerke kry.

Die Naguil koerant is ‘n aanlyn koerant wat maandeliks gratis op die webblad verskyn. Kliek op die blou skakel in die storie en dit sal jou neem na die oorspronklike storie.


How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading