‘n Nuwe jaar vol belofte

0
(0)
'n Nuwe jaar vol belofte

‘n Nuwe jaar vol belofte le oop voor ons. Elke nuwe dag is ‘n geskenk. Dis ons besluit wat ons daarmee gaan maak.

‘n Gebed

Soggens wanneer ek my oë oop maak is my gebed eenvoudig: Dankie Here vir genade onbeskryflik groot. Dankie vir ‘n goeie nagrus en die belofte van ‘n nuwe dag.

Dis ‘n nuwe jaar

Elke nuwejaar voel soos skoon maak. Ek maak my selfoon skoon en begin weer van voor af. My rekenaar word buite afgevee en binne word onnodige goed in die digitale asdrom gegooi. Mens moet mos die nuwe jaar nuut begin sonder die bagasie van die vorige jaar.

‘n Nuwe jaar vol belofte

Daar is groot hoop vir hierdie jaar met die COVID virus wat die afgelope twee jaar verwoesting in die ekonomie en mense se lewens gesaai het. Ek is versigtig optimisties dat die virus na die Omicron variant ‘n ommeswaai beleef en ons weer meer vrylik kan lewe. ‘n Terug keer na ons ou lewens of selfs ‘n nuwe begin.

My oorbegin

Die afgelope 2 jaar het ek groot byeenkomste vermy en nie eers gemaklik daarmee gevoel om selfs iets klein soos ‘n lees groep by te woon nie. In die tussentyd het ek gesorg dat ek dubbel inge ent word en voel ek meer in beheer. Dus sien ek hierdie jaar daarna uit om weer van my ou aktiwiteite te hervat. Parkrun, die maandelikse U3A byeenkomste, Scrabble, die lees groepie. En ek sien ook uit daarna om weer kos kursusse en boek bekendstellings by te woon. Nie almal was my goedgesind toe ek huiwerig was om tydens grendeltyd aan die verskillende aktiwiteite deel te neem nie. Ek het egter gevoel dat ons moet doen wat vir ons werk. Die tyd het nie vir my reg gevoel nie. Nou voel ek egter anders.

Die jaar 2022 is ‘n nuwe jaar vol belofte.

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading