My Persoonlike ruimte

my persoonlike ruimte

My Persoonlike ruimte is nogals belangrik vir my. In die twee jaar wat COVID gewoed het was dit ‘n verligting om spasie rondom my te hê. Uiteindellik is mense gedwing om sosiale distansie te handhaaf. Dit het my eintlik al lankal gepla – my persoonlike ruimte wat willens en wetens binnegedring word.

The distance from another person at which one feels comfortable when talking to or being next to that other person – “Personal space.” Merriam-Webster.com Dictionary

Alledaagse struikelblokke

Winkels is ‘n aantrekkingskrag vir persoonlike ruimte indringers. By die tellers staan ons in rye ons beurt en afwag om gehelp te word. ‘n Mens sal dink dat ‘n trollie of mandjie die indringers sal keer om te naby aan jou te staan. Ongelukkig nie. Niks keer hulle nie. Jou trollie word eenkant toe gedruk sodat die infiltreerder styf teenaan jou kan staan met sy of haar warm asem in jou gesig. COVID het mense gedwing om sosiale distansie te handhaaf – hemels.

Soms lyk ek soos ‘n bokser in die kryt soos ek probeer om my persoonlike ruimte af te baken en te beskerm soder om gevoelens seer te maak.

Dalk is dit ‘n Amanda probleem

Noudat COVID redelik onder beheer is,is die indringers terug. Dit gebeur nie net in supermarkte en rye by kitskos restaurante nie. Eers het ek gedink dit is net ek wat so voel – totdat ek begin oplees het daaroor en besef het dit is ‘n algemene verskynsel. Die artikel Persoonlike ruimte van ‘n persoon – wat jy moet weet verduidelik juis die konsep van 4 tipes persoonlike ruimtes en hoe jou perssonlike ruimte bepaal word en waarop jy geregtig is.

Studies en navorsing is al oor hierdie onderwerp gemaak en riglyne is aan die publiek verskaf en steeds besef almal nie die waarde daarvan nie. Dit is tog waardevol en gesond vir almal betrokke.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.