My eerste Moedersdag

My eerste Moedersdag

My eerste Moedersdag was 34 jaar gelede toe my oudtste dogter op 5 Mei 1988 gebore is. Dit was ‘n dag gevul met vreugde, onsekerhede en ongekende liefde vir die bondeltjie pienk op my skoot.

Dit was ‘n lang pad

Vir drie jaar het ons gesukkel om swanger te raak. Daar was 3 miskrame met pynlike gevolge. Met my eerste miskraam was ek 6 maande swanger. Die een dag was ek nog swanger en die volgende dag het die baba – ‘n seuntjie afgekom. Soveel hartseer. My man is opgeroep grens toe en ek was gedwing om op ander dinge te fokus.

‘n Jaar na sy terug keer was daar goeie nuus

Ek was swanger – sonder enige mediese hulp. Vreugde in oorvloed. Die swangerskap was sonder enige probleme. Dit was die mooiste tyd van my lewe. My naels was pragtig en so ook my vel en hare. Behalwe die uiterlike was die lewe mooi en het ons die geboorte van ons eersteling afgewag.

Ek was eindelik ‘n Mamma

Ons baba – ‘n dogtertjie is op Donderdag 5 Mei 1988 gebore in Kimberley Hospitaal. Perfek geskape – normaal met 10 tone en vingers. Die mooiste baba in die Hospitaal het ek so by myself gedink terwyl ek hierdie spesiale baba aanhoudend gesoen het. My lewe was volmaak. Uiteindellik was ek ‘n Mamma. Ek het ‘n keiser met haar gehad dus het ek meer as ‘n week in die hospitaal gebly. Dit het beteken dat ek my eerste Moedersdag in die hospitaal gevier het.

My eerste Moedersdag

Sondag 8 Mei 1988 was ‘n koel dag met reën buite. In die hospitaal het die reën teen die ruite geval en in die 6 bed saal het ‘n verwarmer gebrand. Ons baba’s is vroeg in die oggend deur die verpleeg personeel na die groot observasiekamer geneem waar hulle vordering nagegaan is. Terwyl hulle besig was met die baba’s het die Mamma’s ontbyt en blomme gekry. Met die terug keer van die baba’s was daar vir elke Mamma ‘n briefie van ons baba af – met ‘n afdruk van hulle voetjies – en ‘n sjokolade geheg aan die briefie. Daar was soveel moeite gedoen om ons spesiaal te laat voel. Middagete was soos kersete met 2 vleise en gebraaide aartappels. Verpleegsters het vir ons gedigte opgesê en gesing.

My eerste Moedersdag sal ek altyd onthou en koester

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

1 Comment

  1. Una

    10 Mei 2022 at 9:21 vm

    Wat ń mooie herinnering, Amanda!

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: