Mens is nooit te oud nie

Mens is nooit te oud nie

Mens is nooit te oud nie. Daar is geen ouderdom beperking op voluit lewe nie. Leer en probeer nuwe dinge. Geniet ouer word

Ouderdomsbeperking op die lewe

Wanneer is mens te oud om sekere dinge te doen? Nooit nie! Selfs wanneer jy verplig word om op 60 af te tree kan jy steeds werk – net in ‘n ander gedaante en omgewing. Cliff Richard die sanger was 45 toe hy leer tennis speel het. Hy speel steeds tennis op die ouderdom van 81 en maak steeds sale vol met sy musiek vertonings.

Ouer mense op sosiale media

Tans is sosiale media die gewildste plek vir jongmense. Ouer mense durf ook hierdie medium aan. Iris Apfel is op 99 jaar gesog onder haar volgelinge. Na ‘n suksesvolle loopbaan as binnehuis versierder pryk sy deesdae ook op die voorblad van Vogue – ‘n direkte gevolg van haar sosiale media sukses. Daar is heelwat ouer sosiale media sterre – Moon Lin, Joan Mc Donald, Lans Walsch om net ‘n paar te noem.

Mens is nooit te oud om nuwe dinge te leer nie

Daar is werklik geen beperking nie – solank niks onwettig of ‘n gevaar vir jouself of ander is nie. Die Internet is ‘n wonderlike plek om ander lande te leer ken, nuwe dinge te leer. Ek vind veral YouTube baie nuttig met DIY – Dad how do I leer mense wat sonder ‘n Pa groot word dinge wat jy gewoonlik by jou Pa leer. Jy kan ook leer hoe om houtwerk en herstelwerk te doen en soveel meer

Leer tuinmaak op YouTube

Ek is ‘n beginner tuinier tot my spyt. My Ma was ‘n uitmuntende tuinier en ek sou baie by haar kon leer – ongelukkig het ek nie belanggestel nie. Nou is sy nie meer in staat om haar kennis oor te dra nie. Dus moes ek op ‘n ander plek gaan kers opsteek. My gunsteling tuin kanale op YouTube is The middle sized Garden (UK), Garden Answer (US), Epic Gardening (US) en ons eie Tanya Visser (RSA). Elkeen van hulle bied iets uniek en ek leer ontsettend baie deur hulle.

Oudword bied geleenthede

  • Doen kort kook en bak kursusse in jou omgewing – en leer die kos kulture van ander lande
  • Stap veilig saam met Parkrun in jou omgewing
  • Woon lesings van die U3A by waar afgetrede professionele mense lesings gee, gratis kursusse aanbied en gesellig saam verkeer.

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

2 Comments

  1. elsabeskryf

    1 Augustus 2022 at 9:30 nm

    As ek nie meer iets kan leer nie, sal ek dooooodgaan. Heeltemal verkreukel. My lewe gaan te kort wees vir alles wat ek nog wil doen en leer.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      3 Augustus 2022 at 7:38 nm

      Ek stem saam. Mens moet jou brein jonk en gesond hou – en dis mos lekker om nuwe dinge te leer

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: