Malena en Klepetan se storie

0
(0)
Malena en Klepetan se storie

Malena en Klepetan se storie is een van liefde sonder grense, lojaliteit, vriendskap, geloof en hoop. Dit het alles in Kroasië begin in ’n klein dorpie Brodski Varoš met ’n Suid-Afrikaanse kinkel in die kabel. In 1993 het ’n oud onderwyser Stjepan Vokić ’n beseerde ooievaar op sy erf gekry. Sy is deur ’n jagter geskiet en kon nie meer vlieg nie. Die onderwyser het haar Malena gedoop en vir haar begin sorg.

Stjepan Vokić het vir Malena ’n nes bo-op sy huis se dak gebou en haar met die hand gevoer

Elke Lente migreer ooievaars en aangesien Malena nie kon vlieg nie het Stjepan Vokić dit so gerieflik as moontlik vir haar probeer maak. Stjepan en Malena het sterk vriendskapsbande gesmee en mekaar se eensaamheid minder gemaak tot op ’n dag wat ’n jong man sy opwagting gemaak het en by Malena vlerkgesleep het. Mettertyd het die manlike ooievaar vir Stjepan aanvaar en is hy Klepetan gedoop. En so kry elke skewe pot ’n deksel.

Die liefdesverhaal tussen die ooievaars het in 2001 begin

Elke jaar het Klepetan migreer na Kroasië  waar hy en Malena snoesig saam gewag het vir die aanbreek van die lente. Saam het hulle 66 babas grootgemaak met die hulp van Stjepan wat gesorg het dat daar genoeg vis naby was. Die besonderse liefdesverhaal het mense regoor die wêreld aangegryp veral nadat voëlkenners die migrasie van ooievaars bestudeer het.

Klepetan se bandjie om sy been het gewys hoe gevaarlik sy jaarlikse reis na Malena is

Klepetan se eintlike huis is in Suid-Afrika (Johannesburg) waarvandaan hy jaarliks na die horing van Suid-Afrika, Somalië, Sinai en die woestyn van Irak moes vlieg na sy geliefde in Kroasië. Verskeie lande in die roete van die migrasie maak jag op hierdie voëls dus is Malena en Klepetan se storie so spesiaal. Malena is in 2022 van ouderdom oorlede met Klepetan en Stjepan aan haar sy. Sy is in Stjepan se erf begrawe. Klepetan het nog ’n paar dae vertoef  en getreur voordat hy weer die lang pad terug huis toe aangepak het. Stjepan hoop dat Klepetan eendag weer sal kom kuier.

Die paartjie  is media sterre

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading