Majesteit die kat
Welkom by Teetyd kuiers. Ontspan lekker met ‘n koppie tee en gesels saam
Majesteit die kat – Larry
Majesteit die kat – so het Lina Spies die kat beskryf. Sy was nie verkeerd nie. Katte is in ’n groep van hulle eie. Sommige mense is kat mense terwyl ander hulle nie kan verdra nie. Vandag se teetyd kuier gaan egter oor een spesifieke kat.
Larry the cat – Chief Mouser to the Cabinet Office, Downing Street 10 Londen
Dis nou omtrent ’n imposante en majestueuse titel vir ’n baie belangrike kat. Volgens Larry se amptelike blad is hy verantwoordelik om die muise te beheer by die amptelike woning van die Premier. Larry het al inderdaad vele slagoffers vermorsel nadat die Britse media hom daarvan beskuldig het dat hy lui is – Lazy Larry. Dit het hom woedend gemaak en hy het seker gemaak dat hy 4 muise in 2 weke op die grasperk voor Downing straat en die media neergelê het – oorlede muise.
Larry is vreesloos
Hy sorg dat al die katte in die omgewing weet hy is die nommer 1 kat. Vele hare het al gewaai wanneer ’n ander kat selfs net probeer om ’n poot op sy grasperk te sit. So het selfs ’n jakkals stert tussen die bene weggehardloop toe Larry sy rug kromtrek en die jakkals wat heelwat groter as hy is beetpak. Larry hou nie van mans nie en verkies vrouens. Hy hou ook nie van honde nie en het Rishi Sunak die voormalige Premier se hond Nova ’n paar taai klappe toegedien.
Majesteit die kat
Larry word deur die personeel van die amptelike woning versorg. Die fotograaf Justin NG is gaande oor Larry en neem hom gereeld af. Hy het selfs ’n blad waarop hy Larry se foto’s uitstal. Die Polisie manne wat die woning beskerm sien ook na Larry om en maak selfs die deur vir hom oop en toe. Larry maak dit duidelik dat hy eintlik die ene in beheer van Downing straat is. Hy het immers al vele Ministers gesien kom en gaan. Hy het sy eie sekuriteit span wat hom 24 uur per dag beskerm.
Larry is ontsteld
Die nuwe Minister is op pad Downing straat toe en hy bring sy eie kat saam. Larry dink nie dis snaaks nie en het sy misnoeë duidelik gemaak – hy gaan nie sy huis en posisie prysgee nie.
Kyk hierdie video van Larry terwyl jy agteroor sit met ’n koppie tee. Larry die bobaas kat!
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you