Langspeelplate en die radiogram
Langspeelplate en die radiogram ‘n was die inding in die 1970’s veral naweke. Dis nou voor die Internet en die Televisie. In my tienerjare was die radiogram die ding wat ouers met tieners grensloos kon irriteer. Ons het vasgenael voor die radiogram gesit en plate gespeel of radio stories luister. Ure aaneen.
Ek onthou OK bazaars se plate afdeling
In my dorp was die plate afdeling baie groot en soms moes ons lank in die ry staan vir die nuutste plate. Die plate afdeling was ook die uithangplek vir die jongmense waar ons na snitte oor oorfone kon luister – soos later ook in Musica. Daar was seker ander platewinkels en plate afdelings ook alhoewel OK bazaars se ene uitstaan. Dit het ‘n lekker atmosfees gehad met musiek wat oor luidsprekers gespeel is.
Die radiogram was ‘n luukse
Wanneer ek terug dink aan ons radiogram onthou ek hoe luuks dit gevoel het. Ons sin was van ‘n dik swaar hout gemaak met baie pak plek vir al die plate en ‘n radio met verskeie stasies. Saterdag middae het ons na Versoeke vir die manne op die grens geluister en die Bel en ry na programme. En natuurlik die Top 20 – groot opgewondenheid. Weeksdae middae was dit tyd vir stories.
Viniel plate groot en klein
Langspeelplate en solo 7’s is oor en oor gespeel. Ek wou altyd die lirieke neerskryf van die gewilde liedjies. Die plaat is na elke sin of twee gestop en weer oorbegin om die lirieke te kry – tot groot ergernis van my Ma. Soms was die naald stomp of die plaat gekrap – natuurlik op die mooiste gedeelte van die plaat. Ek het al ons ou plate en kan dit nie oor my hart kry om daarvan ontslae te raak nie – en ek het steeds ‘n platespeler. Soms sit ek ‘n plaat op die draaitafel (die radiogram is nie meer met ons nie) en herleef weer ‘n deel van die lekker ou dae toe dinge nog so eenvoudig was.
elsabeskryf
6 May 2022 at 10:14 amDit was spesiale tye! Geen internet om die musiek te google of skelmpies af te laai nie. Ek onthou Top 20 en die Springbok plate. As tieners, was plate ook die inding om as geskenk te gee vir verjaarsdae en Kersfees. Mooi herinneringe.
Amandaskrywer(Aduppie)
12 May 2022 at 6:56 pmDie Springbok plate was my gunsteling