Kultuur verskille

Rubriek

AKTUEEL

deur Amanda Spies du Plessis

Omtrent Rubrieke

Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.

Tipes Rubrieke

Kultuur verskille

Kultuur verskille is daar baie van in Suid-Afrika en dit is nie net tussen die verskillende rasse nie. Ons land  soos meeste ander lande is saamgestel uit  verskillende rasse, nasies en ook tale. Ons woon en werk almal saam in hierdie mooi land en dit is dus onvermydelik dat kultuur verskille sal ontstaan. Dis soos in ’n gewone familie waar elkeen sy eie menings en dinge het en van mekaar verskil.

Jy kan vir 10 mense ’n koppie rys gee en elkeen se manier van gaarmaak asook die smaak en opdien daarvan sal van mekaar verskil.

Daar is tans oor die 60 miljoen mense in Suid Africa volgens Worldometer waar elke groot dorp se getalle die groter prentjie skets. Die laaste sensus opname deel die land in volgens Blank, Swart, Asiërs/Indiërs en Kleurlinge. Dit is net die verskillende hoof rasse. Dan is daar nog die Christene (79.7%) teenoor ander gelowe en ook die ongelowiges. Ons het ook 11 amptelike tale en verskeie nie-amptelike tale en ook Gebaretaal.

Terwyl Engels as die hoof kommersiële taal beskou word, is dit egter nie die taal wat die meeste hier gepraat word nie. Die taal wat die meeste gepraat word, is isiZulu gevolg deur isiXhosa met Afrikaans in die 3de plek en Engels 4de.

Tussen die verskillende gelowe, rasse, nasionaliteite en tale is dit ’n mengelmoes van kulture in een pappot saamgegooi. Die verskillende nasies (immigrante) wat na en van Suid Africa geïmmigreer het verskil vandag van die koloniale tydperk deurdat meeste immigrante nou van ander Afrika-lande afkomstig is. Die meeste immigrante vanuit Suid-Afrika vestig hulle ook in ander Afrika-lande.

Kultuur verskille en sensitiwiteit

Ons is dus nie almal dieselfde nie. Met die uitbreek van die oorlog in Oekraïne was dit duidelik dat die Russe en Oekraïners in Suid-Afrika van mekaar verskil en nie net rondom die oorlog nie. Hulle het taal verskille, kos verskille en verskillende tradisies.

Selfs blanke Engels en Afrikaanssprekendes het verskillende gewoontes en tradisies. Afrikaners het ’n ryk geskiedenis wat die Groot trek insluit. Engelse immigrante word opgemaak deur nasate van die Britse ryk en ander Engels sprekende lande.

Die verskillende immigrante Duitsers, Portuguese, Franse, Hollanders, Sjinese, Italianers ens. het elkeen iets uniek en spesiaal waarmee hulle Suid-Afrika verryk.

In my tienerjare het ons vakansie gehou in Katberg in die Oos-Kaap. Daar het ons ’n groep Skotse immigrante ontmoet. Alhoewel ons mekaar skaars kon verstaan het hulle ons geleer om die tradisionele Skotse Hooglande se volksdanse te doen. Hulle het ons ook blootgestel aan tipiese Skotse kosse. Ons het hulle oorgenooi vir ’n tipiese braaivleis en slaai aand en so het ons mekaar bietjie leer ken.

“We have become not a melting pot but a beautiful mosaic. Different people, different beliefs, different yearnings, different hopes, different dreams.” ― Jimmy Carter

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.