Kinders se Sêgoed

0
(0)

Rubriek

deur Amanda Spies du Plessis

Omtrent Rubrieke

Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.

Tipes Rubrieke

Kinders se Sêgoed

Kinders se sêgoed  kan ons laat lag en huil en selfs in die skande steek. Daar is ’n storie wat al so baie oorvertel is dat die oorsprong ietwat onseker is en daar is verskillende weergawes. Nuwe intrekkers het ingetrek en die buurvrou gaan toe na die nuwe intrekkers met ’n tuisgebakte koek. Hulle bedank haar hartlik en neem die koek. ’n Paar dae later gaan die buurvrou weer na die nuwe intrekkers en vra of hulle die koek geniet het. “Ja, dit was heerlik, jy moet tog vir my die resep gee” sê die intrekker. Die dogter van die intrekker laat hoor: “Is nie, Ma het gesê dit was die slegste koek ooit en toe gooi Ma die koek in die drom. Geen mens kon dit eet nie”.

’n Dogtertjie se ouers is ingeroep deur die Skoolhoof nadat sy vir haar Juffrou gesê het dat haar ouers baie dagga in hulle erf het. Die ouers was behoorlik rooi in die gesig. Dit kom toe uit dat dit eintlik onkruid is en nie die ander tipe blare nie.

’n Seuntjie van 5 het vir sy ouers vertel dat hy ’n neussnotter (renoster) gesien het.

Kinders in ’n Sondagskool klas moes sê waarvoor hulle dankbaar is. Die gewone dankbaarheid vir Pappa en Mamma en ’n warm bedjie en kos om te eet was daar baie totdat een seuntjie heel geesdriftig vertel dat hy dankbaar is vir die Gautrein.

Die sangeres Carike Keuzenkamp vertel graag die storie van haar man toe hy ’n klein seuntjie was. Sy naam is Olaus en tydens kunsklas het die Juffrou gesê dat hulle vir oulaas gaan teken voor die klok lui. Almal het flink weggespring behalwe Olaus en toe die Juffrou vra waarom hy nie teken nie was hy uit die veld geslaan: “Juffrou het dan vir almal gesê dat hulle vir my moet teken”.

Kinders se sêgoed

How useful was this post?

Click on a star to rate it!

Average rating 0 / 5. Vote count: 0

No votes so far! Be the first to rate this post.

We are sorry that this post was not useful for you!

Let us improve this post!

Tell us how we can improve this post?


Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

No racism, hate speech, explicit language.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Discover more from Amanda Skrywer

Subscribe now to keep reading and get access to the full archive.

Continue reading