Kulture: Italianers in Suid Afrika

Kulture: Italianers in Suid Afrika het eers na die voorgrond gekom in die sogenaamde “Bos” boeke van Dalene Matthee. Moerbeibos vertel die verhaal van hoe Italianers na Suid Afrika gekom het.

Suid Afrika se geskiedenis is kompleks en fassinerend. Ek is verstom oor hoe min ons werklik weet van die land van ons geboorte.

Italianers in suid afrika

Verskillende kulture

Suid Afrika is ‘n mengelmoes van kulture wat eeue terug gaan. Ons lewe in ‘n borrel as ons dink Suid Afrika bestaan net uit wit, swart en bruin. In ‘n vorige artikel het ek julle bekendgestel aan die Sjinese en hoe hulle na Suid Afrika gebring is om hier in die myne te werk. Vandag wil ek julle vertel van die Italianers in Suid Afrika so sit rustig agteroor met ‘n koppie tee.

Kulture: Italianers in Suid Afrika

In 1881 was Britanje in beheer van Suid Afrika en het hulle gedink dit is ‘n slim plan om Italianers na Suid Afrika te lok met die voorwendsel dat hulle hier ryk sywurm boere kon word. Nogals diep in die wilde woeste ongerepte Knysna woud. Die Italianers het gedink dit is ‘n geleentheid wat hulle nie deur hulle vingers kon laat glip nie en ‘n 20 tal van hulle het die lang skeepsreis aangepak met sywurm eiers in bokse en groot drome. Groot was hulle ontnugtering egter toe hulle besef dat daar vir hulle gelieg is. Die klimaat van Suid Afrika was nie geskik vir sywurm boere nie en die wilde moerbei bome in die Knysna woud het nie in die smaak geval van die sywurms uit Italië nie. Die Italianers is deur die Britse Regering van die dag verhoed om terug te keer na hulle geboorteland: deels oor die gebrek aan finansies en deels oor die afvat van hulle paspoorte deur die Britte. Dit is die kort en lank van hoe die Italianers in Suid Afrika opgeïndig het. Dit is egter net die begin van hulle reis.

Wanneer die lewe vir jou suurlemoene gee

Die Italianers in die Knysna woud was uitgehonger, haweloos en ver van hulle land van herkoms. Hulle het nie veel van ‘n opsie gehad nie. Hulle moes die beste maak van wat hulle gehad het. Eerstens was die taal verskille’n groot struikelblok om te oorkom. Die Italianers is roekeloos uitgebuit en verneuk. Kultuur verskille het hulle eenkant gestoot. Hulle deursettingsvermoeë en wil om te oorleef het respek afgedwing en hulle plek in Suid Afrika vasgemaak. Verskeie van die oorspronklike Italianers het in die woud by die saagmeule gewerk en stelselmatig grond gekoop en huise vir hulle families gebou. Ander het Kaap toe getrek en verskeie van hulle het as padwerkers die pot aan die kook gehou. Vandag is daar steeds afstammelinge van die oorspronklike Italianers in Suid Afrika. Meeste van hulle praat Italiaans en een ander Suid Afrikaanse taal. Baie van hulle is Christene en Rooms Katolieke.

Hedendaagse Italianers in Suid Afrikaans

Die aanvanklike 20 plus Italianers het gegroei tot ongeveer 60 000. Nie almal is egter afstammelinge van die eerste Italianers nie en verskeie Italianers het na Suid Afrika gekom na 1942. Baie van hulle is gevestig in die sakewêreld.

  • Suid Afrikaanse Italianers het verskeie bekende persoonlikhede opgelewer onder andere
  • Amor Vittone – sangeres
  • Oscar Pistorius – Paralimpiese atleet en veroordeelde moordenaar
  • Natasha Mazzone – Suid Afrikaanse DA Politikus
  • Desmond Sacco – Biljoener sakeman
  • Debora Patta – Joernalis

Besoek die Knysna woud en die kerk wat die oorspronklike Italianers vir hulleself gebou het. Die kerk word onderhou deur ‘n afstammeling een van die oorspronklike Italianers.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.