Is ons gereed vir oorlog?

Is ons gereed vir oorlog

Is ons gereed vir oorlog? Oorlog was altyd ver weg van ons af. Dis immers die 21ste eeu. En tog is dit iets waaraan ons moet dink. Dit is nou meer as net ‘n verbygaande gedagte – ‘n moontlikheid.

Die laaste groot oorlog

Die tweede wêreld oorlog was die laaste groot Europese oorlog en hier sit is nou in 2022 weer met ‘n oorlog in Europa – al noem Rusland dit ‘n spesiale militêre operasie. Moenie ‘n fout maak nie dis ‘n volskaalse oorlog en niemand is veilig nie.

Suid Afrika en die tweede wêreld oorlog

Alhoewel Suid Afrika nie direk betrokke was by WW2 nie het dit ook vir ons geraak al was ons betrokkenheid meer indirek. Armoede, Hongersnood, Voedselsekerheid, Werksekerheid, Invoer en Uitvoer. Depressie. Dit het jare geduur voor ook Suid Afrika weer sy voete gevind het. Voor WW2 was ons die Afrikaners direk by die Anglo Boere oorlog met Brittanje betrokke. Daar was verwoestende veldslae wat met lewensverlies gepaard gegaan het. Plase is afgebrand – die verskroeide aarde beleid om boere te dwing om oor te gee, Vroue en kinders gemartel en in konsentrasie kampe geplaas. Lyke op die strate en die uitbreek van siektes. Is dit moontlik dat daar weer so iets in Suid Afrika kan gebeur?

Is ons gereed vir oorlog?

Die huidige oorlog in Oekraiene lui gevaar klokkies vir WW3. Putin sit met sy vinger op die atoombom – sy waarskuwing nie myne nie. Dan is daar die afgryslike tonele wat in KZN afgespeel het met verlede jaar se onluste en ons land se vriendskappe met ongure karakters. Hopenlik spoel die oorlog nie oor in WW3 of versprei na Afrika toe nie, maar wat as ons ook een dag wakker word met missiele wat ons dorpe vernietig en ons moet vlug? Wat vat jy en wat los jy?

Waarheen vlug ons?

Ons sit aan die Suidpunt van Afrika. Die mense in Oekraine stap in die strate af met hulle diere en kinders na Poland toe. Waarheen gaan ons stap? Die naaste aan my dorp is die groot oop see. Ek kan swem maar ‘n boot het ek nie en waarheen swem ek?.

Durf ons die duvet oor ons kop trek en maak of ons nie die gevare sien nie of gaan ons ten minste probeer om ‘n plan van aksie te hê

Ek dink nie ‘n mens is ooit werklik gereed vir wanneer so iets gebeur nie. Pavlo van die Oekraine het ‘n paar weke voor die inval gelag toe hy gevra is oor ‘n moontlike inval: “Dis die 21ste eeu sulke dinge gebeur nie meer nie” Hy is tans vasgekeer in Kyiv – verslae en sukkel steeds om dit te verwerk, verward – sy hele lewe het inmekaar getuimel.

My plan van aksie

Voorheen sou ek lang lysies gemaak het – nou is my lysie kort.

Al wat ek sal saamneem is my 17 jarige hond Millie, my oor die skouer sak met my belangrikse dokumente en ‘n klein trolliejie tas – binne is ‘n ekstra stel klere, my Bybel en twee 5 liter water bottels. Ek het Achalasia – ‘n sluk siekte. Sonder water kan niks by my keel afgaan nie. Die res los ek agter – my huis, my motor en terwyl ek stap met Millie onder die blad sal ek bid vir God se genade.

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

2 Comments

  1. elsabeskryf

    25 April 2022 at 5:15 nm

    Is waar, Amanda. Ons moet ook maar daardie klein lysie maak sodat ons kan gryp en stap, of swem. Ons skoonseun het nie lank terug gesê: “Ons koop ‘n boot, Pa”. Ons vaar weg, want noorde se kant toe staan ons nie ‘n kans nie.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      26 April 2022 at 7:21 nm

      Ja Elsa wanneer so ‘n ding mens tref moet ons darem min of meer ‘n plan hê. Ek stem saam met jou skoonseun – die see klink na die beste plan. Ek het nog nie ‘n boot nie.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: