Enkel ouer in 1950 nie veel anders

Enkel ouer in 1950 nie veel anders

Enkelouer in 1950 nie veel anders as 70 jaar later nie. Soveel dinge het verander deur die jare soos moderne tegnologie, haarstyle en modes. Dan is daar dinge soos enkelouer word en wees – en meer spesifiek weduwee word op ‘n jong ouderdom met klein kindertjies. Nou die dag besoek ek weer die biblioteek – my gunsteling plek.

Ons plaaslike biblioteek

By ons biblioteek kan jy 2de handse boeke koop teen ‘n fraksie van die prys. Ek kyk graag deur hierdie boeke. My oog val op ‘n boek met die eenvoudige dog treffende titel ALLEEN. Die boek in my hande is geskryf deur Katie E Wiebe. Onder die titel staan die woorde ‘n Weduwee se soeke na vreugde. Nege en twintig jaar van weduwee en enkelouer wees kwalifiseer my as veteraan en ekspert dink ek. Daar is tog nie iets nuuts om te leer na soveel jare nie. Tog prikkel die boek my – dit kos net R5. Wat het ek om te verloor?

ALLEEN

So beland hierdie boek in my huis. In 1962 het die skryfster se man gesterf. Sy is agtergelaat met 4 jong kinders. Die jongste net 3 jaar oud. Ek wou die boek lees om te sien hoe dinge verskil het daardie jare en of ek dalk iets nuuts kon leer uit haar wedervaringe. Tot my verbasing was baie van haar probleme, vreugdes en uitdagings min of meer dieselfde as wat ek ondervind het nadat ek weduwee geword het in 1993.

Enkelouer in 1950 nie veel anders as 70 jaar later nie

  • Die kerk wat nie eintlik weet wat om met weduwees te doen nie met weinig hulp en ondersteuning
  • Enkelouers se plek in die samelewing verander die oomblik wanneer hulle nie meer ‘n lewensmaat het nie.
  • Enkelouers en hulle kinders word uitgesluit van uitnodigings – ook in kerkkringe.
  • Geldelike druk met slegs een inkomste
  • Een ouer wat al die verantwoordelikhede van kinders groot maak moet dra en die stres wat daarmee saam gaan
  • Die bewusmaking van jou eie sterflikheid en die effek daarvan op jou kinders.
  • Die innerlike krag van die enkelouer wat soveel te bowe moet kom in ‘n gemeenskap wat bedoel is vir twee ouers.
  • Gebed dra enkelouers en maak ons sterker

1 Comment

  1. scrapydo2.wordpress.com

    8 November 2022 at 10:29 pm

    Ek het enkel ouer geword in 1992 met ‘n seun van 12 jaar. Die punte wat jy noem is presies soos ek dit ook ondervind het. Dis harde werk om kop bo water te hou maar tog met jou hand stewig in God s’n is alles moontlik. Klink na ‘n goeie boek om te lees.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.