Ek lees Grensgeval

Ek lees Grensgeval

Ek lees Grensgeval geskryf deur Marita van der Vyver. Die storie speel af na die Grensoorlog in Angola met Teresa wat antwoorde soek nadat sy ‘n brief in Russies tussen haar gewese man se besittings vind. Die boek is opgedra aan al die manne wat verplig was om grens toe te gaan en al die vrouens wat wat agtergebly het.

Die Grensoorlog ook genoem die Bosoorlog en ook die Angola oorlog

In 1966 het ‘n oorlog begin wat tot en met 1990 geduur het. ‘n Oorlog tussen Suid Afrika en Kuba in Angola – vir albei lande dus ‘n oorlog in ‘n ander land. Die oorlog was volgens die Regering om die kommuniste uit Suid Afrika uit te hou. Nadat Apartheid tot ‘n einde gekom het is die oorlog bevraagteken en het die Grensoorlog helde se status verander na moordenaars en rasiste.

Marita se boek

Grensgeval – Borderline in Engels is ‘n fiksie verhaal waar die hoofkarakter Teresa se worsteling met die Oorlog haar na Kuba neem. Alhoewel dit as fiksie uitgegee word is daar ook waarhede in. Sy het die boek aan haar eerste man David Bishop opgedra. Hy is in ‘n sielsieke hospitaal oorlede nadat hy vir jare gesukkel het met geestesgesondheid na sy terugkeer van die Grensoorlog af.

Die boek is nie orals goed ontvang nie

Na die boek se verskyning was van die oud soldate woedend vir Marita. Hoe durf sy beweer dat die oorlog ongeregverdig was – terwyl hulle vir die land van hulle geboorte geveg het. Baie het nie eers die boek gelees nie. Daar was selfs doodsdreigemente teen haar.

My Opinie

Ek kan verstaan dat die boek sommiges kan omkrap. Nie almal dink die oorlog was verkeerd nie – volgens hulle is Suid Afrika op ‘n skinkbord weggegee. Ander voel weer dat hulle mans en seuns onnodig gesterf het. Marita skram ook nie weg van hierdie teenstrydighede nie. Teresa het skuldgevoelens omtrent die oorlog en omdat sy haar man verlaat het nadat hy sielsiek geraak het. ‘n Mens moet (volgens my) die boek met ‘n oop gemoed lees. Die oorlog is al jare gelede verby en tog is die gevolge van die oorlog steeds met die manne en hulle families. Sommiges is sensitief oor die oorlog terwyl ander kwaad is. Grensgeval het my diep geraak – soms hartseer en verward, ander kere vies. Hierdie boek laat mens terugdink en wonder aan ‘n tyd wat was en die huidige Suid Afrika.

Lees die boek dis werklik goed geskryf en sal jou boei tot die laaste bladsy

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

1 Comment

  1. scrapydo2.wordpress.com

    8 Julie 2022 at 11:47 nm

    Dit was my jongtyd se tye van grensoorlog. Ek het self te doengekry met ouens wat teruggekom het as verwarde en selfs gebroke mense wat net nie oor daardie tydperk in hul lewe vrede kon maak nie. Selfs my Pa wat as kind eerste wêreldoorlog beleef het en later moes veg in tweede wêreldoorlog. Die skade is so groot dat niks dit kan laat versag of verdwyn nie. Klink na ‘n goeie boek om te lees.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: