Ek kan nie genoeg dankie sê

Ek kan nie genoeg dankie sê

Ek kan nie genoeg dankie sê vir al die genade wat God aan my betoon nie. Elke dag is daar iets waarvoor ek kan dankie sê al is dit hoe klein. Deur die jare het ek geleer om minder te vra en meer dankbaar te wees.

Elke dag bid ek en smeek die bloed van Jesus oor my geliefdes en ook oor my en my land.

Ek het ‘n gebeds joernaal wat ek byhou met gebedsversoeke en ook vir dinge wat onverwags gebeur – soos die oorlog in Ukraine en die vloede in KZN. Deur die jare het my gebedslewe baie verbeter soos wat ek geleer het om die Here te vertrou. Soms soos met die oorlog is die vraag: Hoe kan God dit toelaat? Ek het nie die antwood daarop nie. Netso weet ek ook nie hoekom my man op 30 moes sterf nie.

n Dankbare hart

Elke dag is daar iets om voor dankbaar te wees – selfs wanneer dinge rondom my inmekaar val. Die dag toe die oorlog uitgebreek het, het ek dankie gesê dat ek nog ‘n huis en ‘n bed het om in te slaap. Dankie dat daar nie missiele deur my huis vlieg nie. Net omdat ons bid en glo beteken dit nie dat niks slegs met ons sal gebeur nie. In Oktober 2021 was ek met vakansie en die dag van my terugkeer is daar by my huis ingebreek – ‘n Uur of twee voordat ek by die huis gekom het.

My 17 jarige hond Millie was alleen tuis toe die inbrekers toegeslaan het.

Die verlies aan aardse goed is een ding. Ek kan nie genoeg dankie sê dat Millie ongeskonde was nie. Sy was bang en verskrik en my huis omgedolwe en tog kon dit soveel erger gewees het. My huis het steeds gestaan en my motor in die motorhuis was onaangeraak – niemand het seergekry nie en ek het nie op hulle ingeloop terwyl hulle besig was nie. Die Here het my en Millie bewaar en my huis en motor gespaar. Dis alles net genade. Dankie Here

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

1 Comment

  1. Una

    29 April 2022 at 12:21 nm

    Jy het mooi geskryf oor die dankies in jou hart, Amanda.

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: