Die kwessie van parool
Rubriek
Aktueel
deur Amanda Spies du Plessis
Omtrent Rubrieke
Rubrieke is basies artikels waarin die skrywer sy of haar opinie met die lesers deel.
Tipes Rubrieke
- Komies
- Polities
- Aktueel
- Nostalgies
- Vakkundig
- Teetyd kuiers
Die kwessie van parool
Die kwessie van parool is ’n netelige, sensitiewe en emosionele onderwerp. Daar is drie groepe ter sprake – mense vir parool, teen parool en die wettige feitelike aspek.
Met die onlangse parool aansoek van Oscar Pistorius het gemoedere weereens hoog geloop. Daar was mense wat gevoel het Oscar het reeds lank genoeg in die tronk gesit en dat Reeva se ouers net aspris is omdat hulle dit teenstaan en dan was daar diegene waaronder die paroolraad wat die wetlike feite op die tafel gelê het.
Parool
Hang af met wie jy praat – elkeen het ’n opinie rondom die kwessie van parool. Vir die slagoffer se familie en vriende is parool vir die misdadiger vreesaanjaend en emosioneel veral waar ’n geliefde sy of haar lewe verloor het. Die misdadiger se familie en vriende voel weer dat hy reeds sy straf uitgedien het en daarom toegelaat moet word om terug te keer tot die gemeenskap.
Dikwels word die Paroolraad daarvan beskuldig dat hulle mense lings en regs vrylaat soos dit hulle pas selfs waar iemand lewenslange tronkstraf toegedien is. Suid-Afrika se wetgewing bepaal dat lewenslange tronkstraf ’n minimum van 25 jaar is. Na 25 jaar kan die misdadiger aansoek doen om parool. Selfs wanneer ’n regter uitspraak lewer dat iemand nooit weer die buitekant van ’n tronk moet sien nie is dit slegs ’n voorstel en nie ’n wet nie.
Dis anders in byvoorbeeld Amerika waar daar in sekere state wette is wat voorsiening maak vir ’n volledige lewenslange vonnis sonder die keuse van parool.
Alison Botha was ’n 19 jarige meisie in die Oos-Kaap toe sy deur 2 mans oorval, ontvoer, verkrag en probeer vermoor is. Sy het die aanval oorleef en haar aanvallers is lewenslank tronk toe gestuur. In 2023 is parool egter toegestaan. Vir Alison is dit ’n traumatiese ervaring wat weer alles wat met haar gebeur het oopgeruk het.
Volgens Suid-Afrikaanse wette kan misdadigers in aanmerking kom vir parool nadat hulle die helfte van hulle vonnis uitgedien het. Indien parool toegestaan sou word moet die res van die vonnis dan onder huisarres en ander streng voorwaardes uitgedien word.
Feite en wette
Regoor die wêreld is parool ’n sensitiewe onderwerp. Dit is ongelukkig so dat daar net nie genoeg plek in die tronke is om almal die volle termyn van hulle tronkstraf te huisves nie. Dis een van die redes vir parool. Daar is egter ook ’n ander rede. Tronke bied rehabilitasie kursusse in die tronke aan sodat die misdadiger na afloop van sy vonnis weer in die samelewing opgeneem kan word. Indien ’n misdadiger op parool vrygelaat word en weer ’n misdaad pleeg moet hy eers sy vorige vonnis klaar uitdien voordat sy nuwe vonnis in werking tree.
Die kwessie van Parool is kompleks met baie vertakkings.
Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you