Die een krisis na die ander

Die een krisis na die ander. Wanneer krisisse jou lewe oorheers kan dit jou geestelik en fisies siek maak. Soms voel mens jy kan net nie meer nie. Daar is net geen lig aan die anderkant van die tonnel nie. Ek was ookal daar en dit drein jou energie.
Wanneer ‘n oorlog aanhou sonder einde in sig word dit ‘n uitputtingsoorlog of war of attrition genoem
So ek noem dit sommer ‘n uitputtings krisis tydperk in my lewe. Net soos wat die een krisis sy trek kry, is die volgende krisis daar. My Ouma het geglo dat dinge altyd 3 in ‘n ry gebeur – krisisse en vreugdes. Soms is dit egter sommer baie meer. Dit kan mens laat vra: Gaan dit nooit end kry nie? Ek kan net nie meer nie! Wat het ek gedoen om dit te verdien? Ek is ‘n kind van die Here, ek lewe my lewe reg. Dinge is buite beheer , wat gaan nog alles gebeur?
Hokaai! Stop die lorrie
Moenie moed verloor nie. My wyse Ouma: Byt vas my kind, aan alles kom ‘n einde. Ons is nie heeltemal magteloos nie. Ons kan nie altyd beheer wat met ons gebeur nie maar ons kan beheer hoe ons dit hanteer. Haal diep asem en skryf neer watter van die krisisse jy bykans dadelik op ‘n einde kan bring.
- Jou kar lisensie het verval – gaan hernu dit
- Jou biblioteek boeke is laat – gaan gee dit in en betaal die boete
- Daar is ‘n fout op jou bank staat – sorteer dit uit
- Jou skottelgoed staan hemel hoog – was dit en pak dit weg.
- Stel grense vas in jou verhoudings met familie en vriende
Moenie dat krisisse jou verlam nie. Neem beheer
Te veel geraas
Ons lewens is besig en selfone, televisie oorheers ons doen en late
- Wanneer jy wakker word, lees Bybel en bid. Dank Jesus vir jou nagrus en vra Hom om jou leiding te gee en Hy sal jou rigting wyser wees.
- Drink jou eerste koffie soggens in stilte buite indien moontlik.
- Sit die kennisgewings op jou selfoon apps af en kyk net soggens en saans vinnig daar deur.
- Gaan stap om die blok in jou omgewing – net jy.
- Voordat jy gaan slaap dank die Here vir jou dag.
Kuier verder
- Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn.
- We also publish original articles, stories and opinions in English
- Kosreise met resepte en kos stories
- Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment