Daardie 6de sintuig

Daardie 6de sintuig

Daardie 6de sintuig is bedoel om ons te waarsku van naderende gevaar. Tog is daar kere wat ons dit afmaak as sommer niks en probeer ons daardie waarskuwende stem stil maak – met voorspelbare gevolge. Soms noem ons dit ‘n 6de sintuig en ander kere ‘n voorgevoel. Hoe ookal daardie stem waarsku ons teen moontlike gevaar.

Learn to hear your inner voice, be led by your heart and never stop giving back – this way you shall always walk the right path and shall never be walking alone.” ― Aleksej Metelko

Daar was ‘n paar keer wat ek daardie voorgevoel geignoreer het – veral waar dit mense aangaan. Een van my grootste foute was toe ek vriende geraak het met Dessi (nie haar regte naam nie) Sy het geen respek aan my betoon ten opsigte van haar rook gewoonte nie. Ek rook nie en het ‘n ding op my voordeur wat aandui dat jy nie in my huis mag rook nie. Sy het haar egter nie daaraan gesteur nie en sou in my huis rook en ‘n piering gebruik vir haar as. Dit het my baie gepla en tog het ek nooit iets gesê nie. ‘n Aantal jare later het sy tussen my en van my familielede ingekom en onmin gesaai.

Our inner teacher, our sixth sense, is our authentic self.” ― Angie karan

Daar was ook geleenthede waar ek aandag gegee het aan die waarskuwende stem of 6de sintuig soos toe ek by ‘n kitsbank was om geld te trek. Daar was twee mense wat lank doenig was by die kitsbank. Ek het ‘n snaakse gevoel gekry en toe dit my beurt was het ek nadergestap en uit die hoek van my oog gesien hoe hulle na my kyk en saggies met mekaar praat. Daar en dan het ek omgedraai en uitgestap, in my motor geklim en weggery. ‘n Paar dae later was hulle foto’s in die koerant nadat hulle iemand anders by dieselfde kitsbank beroof het.

Not trusting your sixth sense, will always -and I mean always- come back to haunt you. Have the courage to stand alone and trust your vibes. Sonia Choquette

Dankie vir die saam kuier. Praat saam en teken in op die nuusbrief. Lewer kommentaar en vertel ander van die webblad.

6 Comments

  1. scrapydo2.wordpress.com

    14 Mei 2022 at 3:42 vm

    Daardie 6 de sintuig is so belangrik en tog ignoreer ons dit gereeld tot nadeel van jouself.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      22 Mei 2022 at 6:37 nm

      Ja ek moet myself dikwels aanpraat

  2. Una

    13 Mei 2022 at 3:52 nm

    Daardie sesde sintuig, ek glo dis Heilige Gees wat in ons ore fluister.

  3. elsabeskryf

    13 Mei 2022 at 3:48 nm

    Wow… ware woorde, en ‘n les vir my om my gut te vertrou. Ek is gans en al te goedgelowig.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      22 Mei 2022 at 6:35 nm

      Ek moet myself heeltyd herrinder…

Het jy iets op die hart? Gesels saam

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

%d bloggers like this: