Afrikaners is ‘n bevoorregte nasie

Afrikaners is 'n bevoorregte nasie

Afrikaners is ‘n bevoorregte nasie wanneer ons mooi daaroor dink. Ons is uniek met ons eie taal en ‘n ryk geskiedenis en erfenis

Dis alles opgeteken

Afrikaners was en is steeds goed daarmee om dinge op te teken en te bewaar. Selfs so vroeg as in Jan van Riebeeck se dae is boek gehou van alles. Tydens die Anglo Boereoorlog het Afrikaner mans en vrouens dagboek gehou. Dus is ons gelukkig om te kan lees hoe ons Afrikaner voorsate gelewe het, die probleme waarmee hulle te kampe gehad het asook die oplossings tot hierdie probleme. Daar is foto’s van belangrike gebeure soos die konsentrasiekampe waar so baie van ons mense gesterf het.

‘n Boer maak ‘n plan

Ons voorsate het skole en kerke gebou, uitmuntende skrywers opgelewer wat ons geskiedenis neergeskryf en bewaar het. Deur die jare het ons professionele mense asook sportlui van hoogstaande gehalte gelewer wat hulle plek in die samelewing suksesvol kan volstaan. Die Afrikaner laat hom nie onderkry nie. Ons skep geleenthede waar daar nie is nie en ons oorleef

Afrikaners is ‘n bevoorregte nasie

Ons het ons eie organisasies wat ons beskerm en help. So ook het ons organisasies wat Afrikaners bemagtig en ontwikkel en ons kultuur bewaar. Ongelukkig besef nie almal die harde werk wat agter die skerms gebeur nie. Dit is skokkend hoe min van ons mense aan enige kultuur organisasies behoort en hoe min van ons die geskiedenis van die Anglo Boereoorlog ken. Baie was nog nooit eers by die Voortrekkermonument nie.

Ons het ons eie taal

Dis om van te sing. Ons taal is so mooi en beskrywend met ‘n skatkis van woorde, idiome en selfs lirieke eie aan ons nasie. Dis alles te dankie aan ons voorsate wat ons ryk geskiedenis bewaar het sodat ons dit kan geniet, uitbou en oordra aan ons nasate.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.