Doen wat vir jou werk

Doen wat vir jou werk
Doen wat vir jou werk. Jy is ‘n individu. Daar is net een van jou. Wat vir iemand anders werk sal nie noodwendig vir jou werk nie. Vind jou eie ritme deur verskeie dinge te probeer totdat jy vind waarmee jy gemaklik is.
Sommige mense is gebore leiers en staan kop bo skouers uit in die raadsale van die wereld se grootste besighede. Ander is weer meer gemaklik daarmee om loodgieters te wees. Die een is nie beter as die ander nie. Elkeen het sy eie status in die samelewing.
Die dae is verby dat mense met grade gesien was as meer suksesvol
Dis egter nie net in die sake wereld waar bogenoemde geld nie. Dis ook so in ons daaglikse lewe tussen vriende en familie. ‘n Familie lid is dalk uiters talentvol en maak die mooiste klere. Die res van die familie hoef nie te probeer om kers vas te hou by haar nie. Dalk hou jy meer van skilder. Dit laat jou ontspan en goed voel oor jouself. Doen wat vir jou werk en vergeet van ander se verwagtinge. Ons is nie almal dieselfde nie.
Ek is byvoorbeeld ‘n baie rustige mens wat hou van stilte rondom my. Die gejaag van punt A na punt B is glad nie iets waarna ek streef nie. Stilte en ‘n mooi boek werk vir my.
Explore/Kuier verder
- Kosreise met resepte en kos stories – Food travel with recipes and stories about food
 - Die Naguil is ‘n gratis aanlyn koerant wat maandeliks op die webblad verskyn. – Online newspaper
 - Stories – reis stories, trein stories, kos stories, polisie stories, kombuis stories
 - In-depth investigations – In-diepte ondersoeke.
 - Teetyd kuiers – Teatime chats – Light hearted chats
 - Begin jou eie webblad met WordPress – start your own website
 - We also publish original articles, stories and opinions in English
 
Discover more from Amanda Skrywer
Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Leave a comment