3 Sameswerings ontmasker

3 Sameswerings ontmasker

3 Sameswerings ontmasker. Sameswerings is soos skinder. Mense staan nader om beter te hoor en elkeen las iets by. Sommige mense glo elke sameswering waarvan hulle te hore kom sonder om navorsing daaroor te doen. Agter elke sameswering is iemand met ‘n agenda.

Pizzagate

Tydens die 2016 Amerikaanse verkiesing het ‘n storie die rondte begin doen dat Hillary Clinton deel is van ‘n misdaadring waarin jong kinders misbruik word in ‘n Sjinese pizza restaurant. Pizzagate was deel van Donald Trump se verkiesing argumente teen Hillary Clinton. Die Restaurant eienaar en sy personeel is met die dood gedreig.

Die waarheid van Pizzagate

Die sameswering is begin is om Hillary Clinton se karakter af te takel en Donald Trump te laat wen. Alex Jones die man agter die storie het in 2017 uitgekom met die sak patats nadat ‘n joernalis hom gekonfronteer het met die bewyse.

Sandy Hook skool

In 2012 het ‘n massa skietvoorval by bogenoemde skool die lewens van 20 laerskool kinders en 6 onderwysers geneem. Die einste Alex Jones het ‘n sameswering begin deur voor te gee dat die skietvoorval nooit gebeur het nie en dat die hele voorval deur akteurs en aktrises in ‘n dramastuk uitgebeeld is.

Die waarheid omtrent Sandy Hook skool

Verskeie ouers het hofsake teen Alex Jones gemaak en in 2022 het die hof beslis dat Alex Jones doelbewus vals stories opgemaak en versprei het. Hy is deur die hof beveel om onverskoning te vra en 45 miljoen Dollar aan die ouers uit te betaal.

Inenting veroorsaak Outisme

In 1998 het Dokter Andrew Wakefield ‘n opskudding veroorsaak deur te beweer dat Outisme die oorsaak van kinder inenting is. Sy artikel het veroorsaak dat kinder inentings gedaal het en verskeie kinder siektes het weer hulle verskyning gemaak.

Die waarheid omtrent Inenting en Outisme

Na die bewerings het wetenskaplikes die bewerings ondersoek en nagevors en bewys dat Dokter Wakefield valslik bewerings gemaak het. Die Dokter het erken dat hy geen bewyse vir sy bewerings het nie. Daar is Geen bewyse gevind dat daar ‘n verband tussen Outisme en inenting is nie. In 2010 is Andrew Wakefield permanent van die mediese rol verwyder.

4 Comments

  1. Una

    9 August 2022 at 9:31 pm

    Goeiste Amanda, ek het nie geweet sulke dinge is gesê nie!

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      10 August 2022 at 6:41 pm

      Oja daar is ‘n klomp mense wat baie geld maak deur stories te versprei. Dis eintlik waaroor fop nuus gaan – geld

  2. scrapydo2.wordpress.com

    9 August 2022 at 12:04 am

    Die beswaddering en skinder van mense laat my sommer rooi sien. Sulke mense veroorsaak so baie onenigheid en ook hartseer.

    1. Amandaskrywer(Aduppie)

      10 August 2022 at 6:42 pm

      Ja dis die lelike kant van die mensdom en ongelukkig maak hulle geld uit hierdie stories

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.