10 Vreemde stokperdjies

10 Vreemde stokperdjies

10 Vreemde stokperdjies wat mense beoefen wat anders is as die gewone poskaart of pop versamelings. Elkeen het ‘n stokperdjie nodig in sy of haar lewe – gewoon of ongewoon. Daar is baie sulke vreemde stokperdjies en om net 10 te kies was ‘n uitdaging. My lys van 10 vreemde stokperdjies is nie volgens enige volgorde gelys nie. So hier gaan ons

1. Extreme ironing

Mense wat gewapen met ‘n stykyster en strykplank die mees ongewone en selfs gevaarlikste plekke kry om strykwerk te doen. Dit is so gewild dat daar verskeie kompetisies gehou word. Sommiges beywer hulle daarvoor om dit as sportsoort te verklaar.

2. Mooing

Hierdie ongewone stokperdjie is baie gewild in Amerika met verskeie kompetisies wat deur die jaar gehou word. Die deelnemers ding teen mekaar mee om die meeste na ‘n koei te klink. Beoordeling is straf en deelnemers word volgens hulle koei geluide en styl beoordeel.

3. Navel Fluff

Ongewoon en griewelrig en baie vreemd. Mense in hierdie afdeling versamel die goed wat uit ander se naeltjies gekry word. Dit word dan gelys en bewaar en gedeel met ander entoesiastiese deelnemers.

4. Tree Shaping

Alhoewel hierdie onder vreemde stokperdjies gelys word is dit volgens my ‘n tipe kunsvorm. Bome word getrim, gesnoei en gemanipuleer in verskillende vorms. Eintlik baie mooi

5. Ghost hunting

Dit is ook hier in Suid Afrika gewild. Mense wat spoke opsoek. Soms in groepe en ander op sy of haar eie. Sommige mense maak selfs ‘n loopbaan hieruit.

6. Entomology

Die studie van insekte val dalk nie baie se smaak nie. Tog is dit ‘n gewilde stokperdie onder mense wat meer van insekte wil weet.

7. Hikaru Dorodango

Wie sou nou kon dink dat modder so ‘n belangstelling onder mense kan ontwikkel. Dit is egter meer as net modder. Deelnemers aan hierdie stokperdjie poleer modder balle. Dit het sy ontstaan in Japan.

8. Toyvoyagers

‘n Prettige stokperdjie waar speelgoed met vakansie gaan. Jy kan speelgoed huisves of speelgoed met vakansie stuur. Dit is ‘n gemeenskap wat daarop gemik is om vreugde in ander se lewens te bring.

9. Newsraiding

Nuus verslaggewing is ‘n belangrike komponent in die maak en verspreiding van nuuswaardige gebeure – feite, onderhoude. Dan is daar diegene wat daarvan hou om hierdie nuus joernaliste te fotobom. Hulle verskyn dikwels in dieselfde klere en is deel van die verslaggewing tot ergernis van die nuus mense.

10. Jello art

In Suid Afrika word jello eintlik jellie genoem. Hierdie kunsvorm en stokperdie word ook met gelatien gedoen. Binne die jellie vorm is blomme of enige iets anders wat aan die jellie vorm ‘n tipe van skildery voorkoms gee.

Dalk is dit tyd om nuwe dinge te probeer.

4 Comments

  1. elsabeskryf

    3 May 2022 at 8:49 am

    Baie vreemde goete wat mense amuseer en kan besig hou!! Jo! 😂

  2. scrapydo2.wordpress.com

    2 May 2022 at 11:41 pm

    Nog nie van een gehoor nie, okay ek jok, die insekte weet ek van maar die res is vreemd.

Leave a comment - Please no racism, hate speech or explicit language. Thank you

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.